

BLITSIGE VETKOEK
Resep en Foto: Sansha Meyer
FOOD LOVERS RECIPES
(nié hol nie)
3 koppies bruismeel
2 teelepels sout
melk
olie
NOTA: Die bruismeel kan vervang word met 3 koppies koekmeel en 3 teelepels bakpoeier.
Maak aan met melk tot ‘n medium slap deeg en braai lepelsvol in uitgebraaide skaapstert vet of in sonneblom olie tot goudbruin weerskante.
Dreineer op handoekrol en laat effe afkoel.
Sny oop en vul met warm maalvleis van jou keuse.
Bedien met wiggies tamatie of ‘n mengelslaai.
Geniét dit!!













