MELKTERT SONDER EIERS
Kors:
Gekrummelde koekies gemeng met gesmelte botter.
Druk die mengsel in die bodem van ‘n tertbak vas en plaas in die yskas terwyl jy die vulsel maak.
VULSEL:
2 ½ koppies melk
3 teelepels botter
80 ml maizena
40 ml koekmeel
140 g strooisuiker
2 ml vanilla geursel
kaneel Continue reading
Category Archives: Terte – Soet / Sweet Tarts
SONJA SE YSKAS KAASKOEK
SONJA SE YSKAS KAASKOEK
1 blikkie kondensmelk
1 houer room
1 houer gladde maaskaas of enige roomkaas
1 pakkie kitspoeding
Klits die bestanddele saam in ‘n mengbak vir 2 minute.
Giet in ‘n tertbak wat gevoer is met gebreekte Tennisbeskuitjies gemeng met gesmelte margarien.
Laat staan die koek vir 15 min en geniet.
Baie maklik en “fool proof”.
Resep: Sonja Van Tonder
ONGEBAKTE KAASKOEK
ONGEBAKTE KAASKOEK
1 pakkie tennisbeskuitjies
60 ml botter of kunsbotter, gesmelt
250 g volvet marscaponikaas
1 teelepel vanilla geursel
300 ml dubbelroom
200 g witsjokolade, gesmelt
framboos (rasberry) coulis (sous)
Maak kors van tennisbeskuitjies met botter. Druk vas op bodem en kante van ‘n losboompan.
Plaas in yskas.
Klits maaskaas, vanilla geursel en room saam tot glad. Continue reading
FRIDGE MILKTART
FRIDGE MILKTART
Very easy and I’ve adjusted it over the years. To eliminate lumps, you can beat very well with electric beaters or handheld stick blender.
1600 ml fullcream milk
4 large eggs
250 ml sugar
100 ml cake flour
100 ml maizena
1 ml salt
30 ml butter
10 ml vanilla
200 gram packet tennis
biscuits
fine cinnamon Continue reading
SITRUS YOGHURT YSKASTERT
SITRUS YOGHURT YSKASTERT
1 kg yogurt (volroom sitrus met lemmetjie)
1 pakkie granadilla jellie
200 ml kookwater
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie tennis beskuitjies
Pak die beskuitjies in ‘n tertbak, hou 2 beskuitjies eenkant. Maak die jellie aan met die kookwater en laat staan eenkant om af te koel
Meng die yogurt, kondensmelk en afgekoelde jellie goed saam en giet die mengsel oor die beskuitjies in die tertbak.
Krummel die 2 beskuitjies oor die tertvulsel en plaas die tert in yskas om te stol.
Resep en foto: Marie Dumas Jennings
FRIKKIE SE GRANADILLATERT
FRIKKIE SE GRANADILLATERT
1 blik kondensmelk gemeng met ½ teelepel wynsteensuur
Klits die volgende by die kondensmelkmengsel tot glad:
1 koppie roomkaas
1 slab gesmelte Milky Bar
1 groot houer Granadilla moes
1 pakkie granadilla jellie aangemaak met net die kookwater, afgekoel tot lou
Meng tot glad en vou 2 koppies styfgeklitsde room in. Giet inbak en laat stol in yskas. Continue reading
TIENKIETERT
TIENKIETERT
1 boksie tinkies
1 boksie orley whip
1 blik karamel kondensmelk
1 pak grondboontjie brittle
Neem ‘n diep bak. Sny die tinkies in skywe en pak die dit uit op die bodem van die bak.
Klits die orley whip styf en meng die karamel kondensmelk by.
Smeer ‘n laag van die mengsels op die tinkies.
Herhaal die lae.
Strooi fyn gebreekte grondboontjie ‘brittle’ oor.
Plaas in yskas tot styf.
Resep: Nicoline Crafford
PANNEKOEK EN VLA TERT
PANNEKOEK EN VLA TERT
Het so ‘n ruk gelede die pannekoek en vla tert gesien, wil my verbeel dit was op flr. Dankie Almarie vir die hulp en aanmekaar sit van ‘n baie lekker tert/koek, ons dink daar kan baie variasies gemaak word van die lekkerny.
Ek het sommer my gewone pannekoekdeeg gemaak:
1 koppie bruismeel
2 eiers, geskei
sout
2 eetlepels olie
melk om te meng
Meng meel, eiergeel, olie en sout saam in ‘n bak. Giet melk geleidelik by tot ‘n pannekoek deeg. Klits eierwit styf en vou in deeg in. Bak 6 dikkerige pannekoeke.
Vla:
1 liter melk
4 eetlepels vlapoeier
4 eetlepels suiker
2 eiers, geskei en wit half styf geklop
Bring melk tot kook. Meng vlapoeier, eiergeel en suiker saam en voeg by melk. Vou eierwit laaste in, vla is baie dik. Strooi kaneelsuiker op pannekoek, skep vla bo-op en pak in lae tot al 6 pannekoeke gebruik is. Eindig met ‘n laag vla en kaneelsuiker.
Resep en foto: Hennie Van de Merwe
AMARULA MELKTERT
AMARULA MELKTERT
Kors: Tennisbeskuitjie krummels en gesmelte botter
1 blik kondensmelk
¾ koppie Amarula
2 eetlepels gesmelte botter
4 eiers
½ koppie melk
6 eetlepels mielieblom
knippie sout
Continue reading
TIAAN SE KORTPAD LEMON MERINGUE
TIAAN SE KORTPAD LEMON MERINGUE
Jou vulsel:
1 blik kondensmelk
3 eiergele
2 suurlemoene se skil en sap
Klits kondensmelk en eiergele goed saam. Voeg nou die suurlemoene se skil by en meng goed. Voeg nou die suurlemoensap bietjies vir bietjies by en klits goed. (Die suurlemoensap se suur maak dat die vulsel verdik, dit is amper soos ‘n gaarmaak proses). Gooi in gebakte of ‘n krummel tertdop en plaas in yskas terwyl jy meringue voorberei.
Meringue:
3 eierwitte
¼ t cream of tartar (kremetart)
175 g strooisuiker/ gewone witsuiker Continue reading