

SITRUS JOGURT YSKASTERT
1 kg jogurt (volroom sitrus met lemmetjie)
1 pakkie granadilla jellie
200 ml kookwater
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie tennisbeskuitjies
Pak die beskuitjies in ‘n tertbak, hou 2 beskuitjies eenkant. Maak die jellie aan met die kookwater en laat staan eenkant om af te koel
Meng die jogurt, kondensmelk en afgekoelde jellie goed saam en giet die mengsel oor die beskuitjies in die tertbak.
Krummel die 2 beskuitjies oor die tertvulsel en plaas die tert in yskas om te stol.
Resep en foto: Marie Dumas Jennings






