
VAKANSIESLAAI
Resep: Deona Tait van Garsfontein
FOOD LOVERS RECIPES
‘n Heerlike slaai wat vooraf gemaak kan word en tot ‘n week lank in die yskas sal hou. Dis ‘n heerlike bykos by braaivleis, maar ook voortreflik saam met boerewors, ham en gepekelde vleise.
1 blik perskeskywe
1 blik pynappelskywe, gedreineer
1 blik gebakte bone in tamatiesous
1 fles piekeluitjies
Sous:
15 ml suiker
15 ml kerriepoeier
15 ml mielieblom
50 ml (1/5 koppie) appelkooskonfyt
paar druppels Tabascosous
Sny die perskeskywe in stukkies en skep saam met die pynappelstukke en boontjies in ‘n mengbak.
Sny die piekeluitjies in kwarte en voeg by.
Meng die perskesap en vloeistof van die piekeluitjies saam in ‘n klein kastrol.
Voeg die suiker, appelkooskonfyt en kerriepoeier by en meng deur. Verhit tot kookpunt en prut ‘n paar minute lank.
Maak die mielieblom aan met ‘n bietjie water en voeg by die sous in die kastrol. Prut tot die sous effens verdik.
Geur met ‘n bietjie tabascosous. Giet oor die slaai in die bak en verkoel tot benodig. Bedien koud of opgewarm.
Nota:
Al die blikke en flesse is 410 g.
15 ml is gelyk aan 1 eetlepel.






