BANANA CREAM PIE

BANANA CREAM PIE (The mother of all banana cream pies) lol
PIESANG ROOM TERT (Not for weight watchers or diabetics) lol
By Colleen
Recipe posted by Petra Pretorius Seaton
FOOD LOVERS RECIPES
Koekie kors/Cookie crust (Tennis of Marie of NICE)
1½ cups finely crushed cookies
¼ cup white sugar
6 tablespoons melted butter
Mix everything well and pat into a 10″ pie plate. Bake at 350 for 8 minutes.

PIE FILLING
3 tablespoons cornstarch/mielieblom
1 and 1/3 cups water
1 can sweetened condensed milk (see note)
3 egg yolks, beaten
2 tablespoons butter
1 teaspoon vanilla extract
2 medium ripe bananas (cubed)

In a heavy saucepan over medium heat, dissolve the cornstarch in the water; stir in the sweetened condensed milk and egg yolks. Cook until thickened and bubbly remove from heat; add butter and vanilla. Set aside to cool slightly. Cube the bananas and fold into the slightly cooled pudding. Pour into cooled crust and lay some plastic wrap on the surface of the filling so that it doesn’t form a skin. Chill in the fridge for about 3 hours. Decorate with whipped cream topping SEE RECIPE FOR WHIPPED CREAM TOPPING below …..

WHIPPED CREAM
I hope you do not skip this step because it really is delicious and “makes” the pie. This is my new “go to” whipped cream recipe.

(1) 8 ounce/250ml cream cheese (room temperature)
½ cup granulated sugar
1 teaspoon vanilla extract
2 cups cream

With your electric mixer, beat the cream cheese, sugar and extracts in a large bowl until smooth (scrape sides to make sure you don’t have any cream cheese sticking to the interior of the bowl). While the beaters are still running, slowly add the whipping cream (stop a couple times and scrape the bowl). Beat until you get stiff peaks. This makes enough topping to cover a 10″ pie generously.




MELKTERT SONDER EIERS


MELKTERT SONDER EIERS
Resep: Moira Botha Dyer
Foto: Gillian Vermeulen
FOOD LOVERS RECIPES
Dit is regtig baie lekker, ek kan die reuk van eier nie verdra nie, so die resep is perfek vir my.
Kors:
gekrummelde koekies gemeng met gesmelte botter.
Vulsel:
2 ½ koppies melk
3 teelepels botter
80 ml maizena
40 ml koekmeel
140 g strooisuiker
2 ml vanilla geursel
kaneel
Druk die koekiemengsel in die bodem van ‘n tertbak vas en plaas in die yskas terwyl jy die vulsel maak.
Plaas die melk en botter in ‘n kastrol.
In ‘n groterige maatbeker meng maizena en meel met bietjie melk tot geen klonte en lekker romerig. Voeg strooisuiker by en meng goed. Sodra botter gesmelt het en melk amper kookpunt bereik, voeg bietjie van die warm melk by die pastamengsel in maatbeker, roer vinnig dat daar geen klonte vorm nie en skep terug in kastrol by die res van die melk. Meng vinnig en aanhoudend tot die mengsel goed dik word.
Indien nodig meng nog bietjie maizena en meel en voeg by warm melkmengsel terwyl jy vinnig klits om klonte te voorkom. Wanneer die mengsel lekker dik is, verwyder die kastrol van die stoof, voeg vanilla by en klits of roer goed.
Skep die vulsels in die kors, maak gelyk en strooi met kaneel. Laat staan die tert tot afgekoel, voor bedien word.
Nota:
Moira Botha Dyer – Ek sit myne NIE in yskas nie, dis asof dit vog opbou.
Gillian Vermeulen – Ek het 80 ml bruinsuiker en 5 ml vanilla geursel gebruik.




SONJA SE YSKAS KAASKOEK


SONJA SE YSKAS KAASKOEK
1 blikkie kondensmelk
1 houer room
1 houer gladde maaskaas of enige roomkaas
1 pakkie kitspoeding
Klits die bestanddele saam in ‘n mengbak vir 2 minute.
Giet in ‘n tertbak wat gevoer is met gebreekte Tennisbeskuitjies gemeng met gesmelte margarien.
Laat staan die koek vir 15 min en geniet.
Baie maklik en “fool proof”.
Resep: Sonja Van Tonder




KOEKIES, KARAMEL EN ROOMTERT


KOEKIES, KARAMEL EN ROOMTERT
250 ml “Orley Whip” (styf geklop)
1 blik karamelkondensmelk bietjie geklits
koekies van jou keuse (ek het tuisgebakte shortbread en “crunchies” gebruik)
Krummel die koekies lekker fyn. Plaas helfde van die koekies onder in ‘n tertbak. Plaas ‘n ½te van die styfgeklitsde room oor die koekies gevolg deur die ½te van die karamelkondensmelk oor die room. Dit sukkel ‘n bietjie, so ek het dit effe ingemeng in die room in. Herhaal tot al die room, koekies en karamel klaar is. Plaas die tert in die yskas vir ‘n paar uur of oornag en geniet.
Resep en foto: Michelle van der Westhuizen




ONGEBAKTE KAASKOEK


ONGEBAKTE KAASKOEK
Resep: Helene Burger
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie tennisbeskuitjies
60 ml botter of kunsbotter, gesmelt
250 g volvet marscaponi kaas
1 teelepel vanilla geursel
300 ml dubbelroom
200 g witsjokolade, gesmelt
framboos (rasberry) coulis (sous)
Maak kors van tennisbeskuitjies met botter. Druk vas op bodem en kante van ‘n losboompan.
Plaas in yskas.
Klits maaskaas, vanilla geursel en room saam tot glad.
Voeg gesmelte witsjokolade by – moenie in klits nie, maar meng in met ‘n spatel (dit kan skif van te veel klits).
Skep in pan en verkoel oornag.
Maak versigtig los en glip af op koekstaander.
Maak lekker framboossous, gooi deur sif en skep bo-oor en laat dit afloop oor die kante. Lekker en mooi!!!!




FRIDGE MILKTART


FRIDGE MILKTART
Very easy and I’ve adjusted it over the years. To eliminate lumps, you can beat very well with electric beaters or handheld stick blender.
1600 ml fullcream milk
4 large eggs
250 ml sugar
100 ml cake flour
100 ml maizena
1 ml salt
30 ml butter
10 ml vanilla
200 gram packet tennis
biscuits
fine cinnamon
Spray and Cook dish. Line with whole biscuits. Crumble rest over. Boil milk and butter in micro on high. Beat eggs,vanilla & sugar well. Beat in flour, maizena and salt. Mix well. Gradually mix in hot milk. Return to micro and boil on high till very thick. Remember to stir every few minutes. See my notes above. Pour gently over biscuits. Refrigerate and sift fine cinnamon over when cold.
Topping (optional)
Don’t sprinkle cinnamon over, if you are using topping.
385 gram Tin condensed
milk
125 ml fresh lemon
juice
Beat together till thick & spread over cooled milk tart.
Recipe: Ronelle Morgan




SITRUS JOGURT YSKASTERT

SITRUS JOGURT YSKASTERT
1 kg jogurt (volroom sitrus met lemmetjie)
1 pakkie granadilla jellie
200 ml kookwater
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie tennisbeskuitjies
Pak die beskuitjies in ‘n tertbak, hou 2 beskuitjies eenkant. Maak die jellie aan met die kookwater en laat staan eenkant om af te koel
Meng die jogurt, kondensmelk en afgekoelde jellie goed saam en giet die mengsel oor die beskuitjies in die tertbak.
Krummel die 2 beskuitjies oor die tertvulsel en plaas die tert in yskas om te stol.
Resep en foto: Marie Dumas Jennings




FRIKKIE SE GRANADILLATERT


FRIKKIE SE GRANADILLATERT
1 blik kondensmelk gemeng met ½ teelepel wynsteensuur
Klits die volgende by die kondensmelkmengsel tot glad:
1 koppie roomkaas
1 slab gesmelte Milky Bar
1 groot houer Granadilla moes
1 pakkie granadilla jellie aangemaak met net die kookwater, afgekoel tot lou
Meng tot glad en vou 2 koppies styfgeklitsde room in. Giet inbak en laat stol in yskas.
Maak nog ‘n pakkie granadilla jellie aan met net die kookwater en gooi ‘n groot houer granadillamoes by. Laat staan tot dit lyk soos rou eierwit en giet oor die gestolde mousse.
Meng nog 1 blik kondensmelk met ½ teelepel wynsteensuur en giet oor die jellielaag.
Versier met wit sjokoladekrulle

Resep:  Frikkie Jones




TIENKIETERT


TIENKIETERT
1 boksie tinkies
1 boksie orley whip
1 blik karamel kondensmelk
1 pak grondboontjie brittle
Neem ‘n diep bak. Sny die tinkies in skywe en pak die dit uit op die bodem van die bak.
Klits die orley whip styf en meng die karamel kondensmelk by.
Smeer ‘n laag van die mengsels op die tinkies.
Herhaal die lae.
Strooi fyn gebreekte grondboontjie ‘brittle’ oor.
Plaas in yskas tot styf.

Resep:  Nicoline Crafford




PANNEKOEK EN VLA TERT


PANNEKOEK EN VLA TERT
Het so ‘n ruk gelede die pannekoek en vla tert gesien, wil my verbeel dit was op flr. Dankie Almarie vir die hulp en aanmekaar sit van ‘n baie lekker tert/koek, ons dink daar kan baie variasies gemaak word van die lekkerny.
Ek het sommer my gewone pannekoekdeeg gemaak:
1 koppie bruismeel
2 eiers, geskei
sout
2 eetlepels olie
melk om te meng
Meng meel, eiergeel, olie en sout saam in ‘n bak. Giet melk geleidelik by tot ‘n pannekoek deeg. Klits eierwit styf en vou in deeg in. Bak 6 dikkerige pannekoeke.

Vla:
1 liter melk
4 eetlepels vlapoeier
4 eetlepels suiker
2 eiers, geskei en wit half styf geklop
Bring melk tot kook. Meng vlapoeier, eiergeel en suiker saam en voeg by melk. Vou eierwit laaste in, vla is baie dik. Strooi kaneelsuiker op pannekoek, skep vla bo-op en pak in lae tot al 6 pannekoeke gebruik is. Eindig met ‘n laag vla en kaneelsuiker.
Resep en foto: Hennie Van de Merwe