KOEKIES, KARAMEL EN ROOMTERT
250 ml “Orley Whip” (styf geklop)
1 blik karamelkondensmelk bietjie geklits
koekies van jou keuse (ek het tuisgebakte shortbread en “crunchies” gebruik)
Krummel die koekies lekker fyn. Plaas helfde van die koekies onder in ‘n tertbak. Plaas ‘n ½te van die styfgeklitsde room oor die koekies gevolg deur die ½te van die karamelkondensmelk oor die room. Dit sukkel ‘n bietjie, so ek het dit effe ingemeng in die room in. Herhaal tot al die room, koekies en karamel klaar is. Plaas die tert in die yskas vir ‘n paar uur of oornag en geniet.
Resep en foto: Michelle van der Westhuizen