1

KOEKIES, KARAMEL EN ROOMTERT


KOEKIES, KARAMEL EN ROOMTERT
• 250ml Orley Whip Dessert Topping (styf geklop)
• 1 blik karamel kondensmelk
• koekies van jou keuse (ek het tuisgebakte shortbread en crunchies gebruik)
Krummel die koekies lekker fyn.
Plaas helfde van koekies onder in ‘n bak.
Plaas ‘n laag room oor die koekies.
Plaas dan karamel kondensmelk oor die room. Dit sukkel so bietjie so ek het dit maar effe in gemeng in die room in.
Herhaal tot alles klaar is.
Sit in die yskas vir n paar uur of oornag en geniet
Resep en foto; Michelle van der Westhuiszen