

SONJA SE YSKAS KAASKOEK
1 blikkie kondensmelk
1 houer room
1 houer gladde maaskaas of enige roomkaas
1 pakkie kitspoeding
Klits die bestanddele saam in ‘n mengbak vir 2 minute.
Giet in ‘n tertbak wat gevoer is met gebreekte Tennisbeskuitjies gemeng met gesmelte margarien.
Laat staan die koek vir 15 min en geniet.
Baie maklik en “fool proof”.
Resep: Sonja Van Tonder






