

ANANDA SE LEKKER KAASKOEK
Probeer gerus ek weet dis nie n kaaskoek nie, maar dit flop nie.
1 blik kondensmelk
1 blik ingedamte melk
1 koppie klapper
6 eiers geskei
½ teelepel sout
3 eetlepels heuning / stroop
Klits die eierwit styf in ‘n mengbak.
Meng die res van die bestanddele saam in ‘n aparte mengbak en vou eierwit by die kondensmelkmengsel in.
Voeg die heuning / stroop onder in ‘n broodpannetjie.
Giet die eiermengsel bo-op die heuning / stroop.
Plaas die broodpannetjie met die vulsel in ‘n groter bak met water en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 1 uur. Verwyder die kaaskoek uit die oond en laat afkoel.
Keer die kaaskoek uit op ‘n opdienbord met die heuninglaag na bo en sny in skywe.
Resep: Ananda Koekemoer






