

HOENDERBOBOTIE
Vulsel:
1 heel hoender in porsies gesny
1 ui gekap
15 ml kerriepoeier
2,5 ml sout
60 ml blatjang
5 ml borrie
6 gekneusde suurlemoenblare
10 ml suurlemoensap
400 ml kookwater
2 knoffeltoontjies
1 blokkie hoenderaftreksel
5 ml hoenderspeseryeBolaag:
2 eiers
1 koppie melk
Meng al die bestanddele vir die bolaag saam in ‘n kastrol of stoompot en kook totdat die hoendervleis sag is. Verwyder die hoender, ontbeen en sny die vleis in klein stukkies. Meng dit weer met die sous. Skep die hoendervulsel in ‘n oondpan. Klits die eiers en melk saam en giet dit bo-oor die hoendervulsel en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC tot gestol.
Nota:
Die sous is nogal baie en kan die gereg waterig maak, ek het net die helfde van die vleissous gebruik. Bedien met gekookte rys of koring.
Resep: Lorma Naude
Foto: Bianca Venter – ek het bietjie blatjang oorgesit voor ek dit gebak het…. baie lekker







skuif