HOLLANDSE BEETSLAAI-PIENKSLAAI
Voeg die volgende saam in ‘n gróót mengbak :-
1 kg maalvleis (nèt gaar, moenie braai, gegeur met slegs sout en peper)
2 kg aartappels se kapokaartappels
Beetslaai (2 x 450 g botteltjies ‘grated and spiced’ gedreineer en verpulp)
6 eiers (hardgekook en baie fyn gemaak)
6 groot agurkies (fyn gerasper)
500 ml mayonnaise
fyn gekerfde blaarslaai
Roer alles goed saam tot gemeng.
Roer fyn gekerfde blaarslaai in die pienkslaai in nét voor opdiening.
Bedien bo-op addisionele slaaiblare (fyn gesny).
Skep ‘n blertsie mayonnaise op die pienkslaai en plaas repies agurtjie heel bo-op.
Dis heerlik en kan dien as voorgereg, hoofgereg of as vulsel op gesnyde bagette.
Genièt dit!
Resep en foto: Sansha Meyer








