

MARLENE SE SUURLEMOENTERT
1 pakkie tennis beskuitjies
125 g botter
3 eiergele
1 blik kondensmelk
¼ koppie suurlemoensap vars uitgedruk
5 eierwitte
3 eetlepel strooisuiker
Maak beskuitjie fyn en meng gesmelte botter by.
Druk vas in tertpan.
Meng eiergele en kondensmelk goed in mengbak.
Voeg suurlemoensap by en meng goed.
Klits eierwitte en strooisuiker saam, gooi kondensmelk mengsel in kors dan skep jy die eierwitte oor die mengsel
Bak vir 20 min of tot eier witte verkleur op 180 ºC.
Resep en foto: Marlene Minderon






