PANNEKOEKGEREG
Ek het 6 lae pannekoeke gepak in ‘n bak, boonste laag is bedek met ‘n dun witsous met gerasperde kaas en ‘n bietjie gekapte rissies bo-op. So 12 minute teen 180°C gebak.
Ek het nie witsous tussen-in gesit nie, anders is dit dalk te ryk.
Vulsels op verskillende lae, is:
maalvleis, herhaal
gebraaide spek
gaar sampioene in knoffel gebraai
gekapte soetrissies met vars tamatie en pietersielie
‘n lagie tamatiesmoor (Ina Paarman)
Genoeg vir 4 – 6 mense.
My man het baie van dit gehou.
Resep en fotos: Rindi Becker Goosen