
PEER, BLOUKAAS EN OKKERNEUT SLAAI
2 eetlepels heuning
1/3 koppie olyf olie
2 eetlepel wit asyn
2 pere
3 koppies rocket blare
100 g bloukaas
2/3 geroosterde okkerneute
Meng heuning, olie en asyn saam en meng met peer skyfies.
Krummel bloukaas en meng met die rocket blare en neute.
Sit blaarmengsel onder in bak en peer skywe met sousie bo-op.
Opsioneel: maak bros spek en krummel bo-oor.
Resep: Chireen Buitendag












