

CHARLEEN SE HOLY BASIL PESTO
Baie trots op myself. Holy Basil uit my kruie tuin. En toe basil pesto gemaak. Dis my eerste probeerslag en ek moet sê, dit smaak baie lekker.
200 g gesout en geroosterde cashew neute
Knypie himalayan sout
6 koppies holy basil
3 knoffelhuisies
300 ml canola olie
2 koppies pecorino kaas
ekstra canola olie
4 x 250 ml glas flessies
Blits neute en sout saam tot dit ietwat growwer as broodkrummels lyk.
Voeg basil blare by en pols dit so 8 keer.
Voeg olie en knoffel by en pols weer vir so ongeveer 10 keer.
Voeg kaas by en pols totdat alles mooi gemeng is.
Dit moet nie te fyn wees nie.
Skep in flesse, en top op met nog ‘n bietjie olie.
Seël en bere in yskas.
Ps: ek het hierdie in 2 sarsies gemaak.
Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen







geskuif