

KOFFIE SJOKOLADE VERSIERSEL
250 gram margarien (ek het Rama gebruik), klits tot romerig
3 opgehoopte sterk kitskoffie (net net opgelos met gekookte water)
75 gram kakao of volgens smaak
300 ml versiersuiker
melk, so bietjie bietjie op ‘n slag
As versiersel te slap is, voeg versiersuiker by en as dit te styf is om te pipe sit nog ‘n bietjie melk by.
Jy kan droë bestanddele aanpas volgens smaak.
As ek lus is vir ‘n donker sjokolade versiersel, sit ek dubbel kokao in en los die koffie uit.
Foto en resep: Riana Creighton











