

GOEDKOOP VANILLA CUPCAKES
Ek het gisteraand die lekkerstes gebak. Goedkoop en baie lekker, ek het 18 mooi grotes uitgekry.
Sif saam:
2 koppies bruismeel
1 koppie suiker
½ teelepel sout
Meng saam:
⅔ koppie melk
⅓ koppie olie
2 eiers
5 ml vanilla geursel
Voeg die vloeistofmengsel by die meelmengsel en meng.
Skep in gespuite muffin panne en bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 18 minute.
Resep en foto: Susan Van Dyk






