1

KOFFIE SJOKOLADE VERSIERSEL


KOFFIE SJOKOLADE VERSIERSEL
250 gram margarien (ek het Rama gebruik), klits tot romerig
3 opgehoopte sterk kitskoffie (net net opgelos met gekookte water)
75 gram kakao of volgens smaak
300 ml versiersuiker
melk, so bietjie bietjie op ‘n slag

As versiersel te slap is,  voeg versiersuiker by en as dit te styf is om te pipe sit nog ‘n bietjie melk by.
Jy kan droë bestanddele aanpas volgens smaak.
As ek lus is vir ‘n donker sjokolade versiersel, sit ek dubbel kokao in en los die koffie uit.
Foto en resep: Riana Creighton




JOHANNA SE MILO KOEK


JOHANNA SE MILO KOEK
1 ½ koppies suiker
2 teelepels vanilla essence
6 eiers
3 eetlepels milo
750 ml lou warm water
200 ml kook olie
4 koppies meel
4 teelepels bakpoeier

Sif meel en bakpoeier en sit eenkant.
Klits eiers, suiker en vanilla vir so 5 min op hoog.
Maak water en milo aan, gooi olie by.
Gooi dan lou water by geklitste eiers.
Gooi stadig lepels gewys dan die meel by en klits goed.
Gooi in 3 panne en bak in voorverhitte oond van 180 ºC vir 30 min.

VERSIERSEL
250 gram margarine
80 ml lou warm water
1 teelepel vanilla
3 eetlepels milo
4 ½ koppies versiersuiker

Klits margarine tot hy romerig is gooi dan die  lou warm water by en klits goed deur.
Gooi vanilla , versiersuiker en milo by klits so 5 min tot al die versiersuiker goed gemeng is.
Smeer oor koek en versier soos verkies.
Foto en Resep: Johanna Zwiegelaar




MUSHROOM, BILTONG AND CHEESE LOAF


MUSHROOM, BILTONG AND CHEESE LOAF
2 tablespoons butter
2 tablespoons oil
250 g mushrooms sliced
180 g self-raising flour
½ teaspoon cayenne pepper
3 eggs
¼ cup buttermilk
80 g biltong chopped
100 g Cheddar cheese, grated
100 g Mozzarella cheese, grated
5 ml parsley
salt and freshly ground black pepper

Preheat the oven to 180°C.
Heat the butter and olive oil in a pan until the butter has melted and add in the mushrooms and cook until all the liquid has evaporated.
Season to taste.
Sift the flour into a bowl and add the cayenne pepper and parsley.
In a jug mix together the eggs and buttermilk and add the liquid to the dry ingredients and stir well while adding the biltong, cheese and mushrooms.
Grease a 23 cm loaf pan and spoon the mixture into the loaf pan and bake for 35–40 minutes.
Once done, allow to cool in the tin before turning out.
Recipe placed by: Christo Graham




GOEDKOOP VANILLA CUPCAKES


GOEDKOOP VANILLA CUPCAKES
Ek het gisteraand die lekkerstes gebak. Goedkoop en baie lekker.
sif die volgende saam:
2 koppies bruismeel
1 koppie suiker
½ teelepel sout

Meng die volgende saam:
2 derde koppies melk
1 derde koppie olie
2 eiers
5 ml vanilla

Gooi die natmengsel by die meelmengsel en meng.
Skep in muffin panne.
Ek het 18 mooi grootte uitgkry.
Bak 18 min by 180 ºC.
Foto en resep: Susan Van Dyk




SUURLEMOEN MERINGUE TERT


SUURLEMOEN MERINGUE TERT
Ek het onlangs ‘n staanklitser aangeskaf en ek het besluit om dit uit te toets met ‘n suurlemoen meringue tert. Ek het Ina Paarman se resep gebruik en dit het heerlik uitgekom. Hier is die resep:
Ek het twee terte uit die resep gemaak.
Kors:
1 pakkie Tennis beskuitjies
60 ml gesmelte botter

Vulsel:
2 blikkies kondensmelk
125 ml kookwater
125 ml suurlemoensap
4 eiergele
knippie sout
10 ml maizena

Meringue:
4 eierwitte
10 ml suurlemoensap
60 ml strooisuiker
60 ml versiersuiker

Voorverhit die oond tot 170°C.
Spuit twee 22 cm tertpanne (ek het die foelie tipe panne gebruik) met kleefwerende sproei. Krummel die beskuitjies en meng dit met die gesmelte botter.
Deel die beskuitjies tussen die panne en druk dit vas teen die bodem en die kante van die panne met die agterkant van ‘n lepel.
Plaas die panne in die vrieskas tot die vulsel gereed is, sodat die kors kan ferm word.
Klits die kondensmelk (gebruik die kookwater om al die kondensmelk uit die blikkies te kry), suurlemoensap, eiergele en sout baie goed saam.
Haal die panne uit die vrieskas en gooi die vulsel versigtig bo-op die kors, sodat die beskuitjies nie versteur word nie.
Bak die tert (sonder die meringue) vir 20 minute.
Vir die meringue, klits die eierwitte in ‘n skoon glas/metaal bak totdat dit begin skuim.
Gooi dan die suurlemoensap by en klits tot stywe punte vorm.
Gooi die strooisuiker lepel vir lepel by terwyl die mengsel vinng geklits word.
Sif die versiersuiker 3 keer en voeg dit op dieselfde manier by as die strooisuiker.
Die meringue moet styf en glanserig wees.
Dit moet ook in staat wees om vorm te behou.
Sif die Maizena oor die tert as dit uit die oond gekom het, dit word gebruik as gom vir die meringue laag.
Skep groot lepels vol van die meringue op die warm tert en versprei dit tot by die punte van die kors.
Gebruik ‘n lepel om die meringue tekstuur te gee.
Bak die tert vir ‘n verdere 25 minute.
Sit dan die oond af en maak die deur ‘n skrefie oop.
Los die tert in die oond totdat dit heeltemaal afgekoel het.
As die tert afgekoel het, kan dit in die yskas gebêre word om te keer dat die meringue kraak.
Foto van resep: Marné Jacobs




TUISGEMAAKTE MAYONNAISE VAN EIERGELE


TUISGEMAAKTE MAYONNAISE VAN EIERGELE
25 – 50 ml eiergele – 50 ml maak ‘n baie dik mayonnaise
25 ml wit wyn asyn
5 ml Dijon mostert
5 ml sout (Maldon)
5 ml suiker
2 ml wit peper

Klits bogenoemde saam vir ‘n minimum van 2 minute tot mooi gladde emulsie bereik is.
Voeg dan die olie BAIE STADIG by terwyl die klitser aan is.
250 ml olie (ek het kombinasie van Grape Seed en Olyf olies gebruik)
Klits tot alle olie inkorporeer is.
Veronderstel om nie langer as 5 dae in yskas gehou te word nie (geen preserveer middels)
Indien die mengsel te styf is na jou smaak kan klein bietjie water ingeklits word.
Die basiese resepte sê dat jy 1 eiergeel per koppie olie gebruik – dit is egter altyd moeilik om te bepaal watter grootte resepte van praat.
Jy kan meer eiergele byvoeg vir ryker mayonnaise.
Omdat ek toegang het tot regte plaas eiers is my mayonnaise baie geel.
Resep baseer op resep in 500 Sauces, salad dressings, marinades en meer.
Fotos : Petro Borchard




CREAMY CHICKEN MEATBALLS AND MUSHROOM SAUCE


CREAMY CHICKEN MEATBALLS AND MUSHROOM SAUCE
For the Meatballs:
¾ cup bread crumbs
1 egg
1 teaspoon oregano
1 teaspoon paprika
3 garlic cloves, minced
¼ cup grated Parmesan
550 grams/ 1.25 pounds ground chicken
salt to taste
2 tablespoons olive oil
For the Sauce:
2 tablespoon olive oil
1 tablespoon butter
2 garlic cloves, minced
½ cup chopped onions
1 cup finely chopped mushrooms
2 tablespoons flour
1 ½ cups low sodium chicken broth
1 teaspoon dried rosemary
1/2 teaspoon dried parsley
½ teaspoon paprika
salt and pepper to taste
½ cup heavy cream

Make the meatballs:
In a large bowl, mix together all the ingredients except ground chicken and oil.
Mix well and add the ground chicken.
Mix till just combined. Form the mixture into approximately 18 meatballs.
Set aside.
Sear: Heat two tablespoons Olive Oil in a pan and add as many meatballs as will fit into the pan without overcrowding.
You may have to do this in batches.
On high heat, brown the meatballs on all sides and remove them on a plate.

Sauce:
Heat two tablespoons olive oil and a tablespoon of butter in the same pan.
Add garlic and onions.
Cook till the onions soften and become translucent.
Add the mushrooms and cook for another 2-3 minutes.
Stir in the flour and cook for another minute to get rid of the raw flour flavor.
Slowly add the chicken broth and keep whisking continuously till the sauce thickens.
Stir in the rosemary, parsley, paprika, salt, pepper and meatballs.
Add a little more stock or water if the sauce is too thick.
Simmer the meatballs for ten minutes.
Stir in the heavy cream and switch off the flame. Serve hot with noodles, rice or mashed potatoes.
Photo and recipe: Annalize Hattingh




GIDEON SE POTBROOD MET ROOMKAAS


GIDEON SE POTBROOD MET ROOMKAAS
1 kg gekoopte brooddeeg
250 gram roomkaas
1 kg gerasperde mozzarella kaas
½ koppie parmasan kaas, gerasper
1 rooi brandrissie gekap
2 tot 3 takkies basilieblare, fyngeskeur
4 fyngemaakte knoffelhuisies
½ koppie botter
2 tot 3 takkies pietersielie, fyngekap

Breek die deeg in bolletjies so groot soos tafeltennis balletjies.
Rol elkeen in silindervormige stafies omtrent 15 cm lank en knoop elkeen.
Pak die knope teen die kante van ‘n swartpot wat gespuit is met spray en cook, in ‘n sirkel en plaas ‘n plat stukkie ronde deeg in die middel van die sirkel.
Meng die kase en die rissie saam met die basilie kruid en helfte van die knoffel en gooi die mengsel op die ronde degie in die middel.
Smelt die botter en meng met die orige knoffel en pietersielie.
Laat rys die deeg tot dubbel in volume vir omtrent ‘n uur.
Borsel dan die bottermengsel oor die hele brood en bak op matige kole onder en op die deksel van die pot vir omtrent 45 min.
Ek het die brood omgekeer op ‘n snyplank en stukke afgebreek en in die mengsel in die middel gedoop om te eet.
Hmmmmmmm was djeeeeerlik!
Die resep sê bak in oond wat voorverhit is vir 25 min op 180 ºC.
Resep geplaas en foto: Gideon Louw




ANDY’S VEGETARIAN LENTIL SOUP


ANDY’S VEGETARIAN LENTIL SOUP
Andy’s delicious vegetarian lentil soup in under 30 min:
2 cups orange lentils
2 lt water
2 cups onion
1 green peper
2 chillies
1 teespoon ginger
1 teespoon curry powder
2 teespoon cumin
1 teespoon ground coriander seeds
1 teespoon mustard seeds
1 teespoon salt

Boil 2 cups orange lentils in about 2 litres of water in the microwave for about 15 minutes on high.
While lentils are cooking: fry two cut up onions, some garlic, a green pepper and 2 chillies in 3 T oil.
When soft add (These spices are optional. Use what you have.)
1 tablespoon ginger
1 tablespoon curry powder
2 teaspoon cumin
1 teaspoon ground coriander seeds
1 tablespoon mustard seeds
1 tablespoon salt
Stir fry for about 5 min.

Add a tin of tomato paste or 2 to 4 chopped up tomatoes. Cook for 2 min.
Add 1 to 2 cups boiling water and continue cooking until lentils are done.
Drain lentils slightly and add to tomato and onion mix.
Add the juice of a lemon or lime and serve.
Drizzle yogurt or cream over if you wish Delicious!
Photo and recipe: Andy Galloway




GIDEON SE MAALVLEIS KARDOESIES


GIDEON SE MAALVLEIS KARDOESIES
500 gram skaapmaalvleis
1 eetlepel gekapte vars chillies
15 ml knoffelvlokkies
1 uie, gekap
4 eetlepels botter, gesmelt
sout en peper na smaak
3 filo velle (+ – 400 x 400 mm), gehalveer

Braai die maalvleis en ui tot gaar en voeg die rissies, sout, peper en knoffel by en meng goed.
Smeer die filo velle aan een kant per vel met botter en plaas twee twee op mekaar.
Plaas dan ongeveer 2 eetlepels maalvleis in die middel van die deeg en vou dit toe sodat dit soos ‘n kardoesie is en druk dit by nekkie lekker styf teen mekaar.
Plaas die kardoesies in ‘n gespuite oondpan en bak in ‘n voorverhitte oond vir 20 min op 160°C.
Ons het dit saam met ‘n groen slaai geniet.
Dit was djeeeerlik!
Foto en resep: Gideon Louw