

JOHANNA SE MILO KOEK
1 ½ koppies suiker
2 teelepels vanilla geursel
6 eiers
3 eetlepels milo
750 ml lou warm water
200 ml kookolie
4 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
Sif meel en bakpoeier en sit eenkant.
Klits eiers, suiker en vanilla vir so 5 min op hoog.
Maak water en milo aan, voeg olie by.
Voeg lou water by geklitste eiers.
Sit stadig lepels gewys die meel by en klits goed.
Skep in 3 panne en bak in voorverhitte oond van 180 ºC vir 30 min.
VERSIERSEL
250 g margarine
80 ml lou warm water
1 teelepel vanilla geursel
3 eetlepels milo
4 ½ koppies versiersuiker
Klits margarine tot hy romerig is voeg die lou warm water by en klits goed deur.
Voeg die vanilla, versiersuiker en milo by, klits so 5 min tot al die versiersuiker goed gemeng is.
Smeer oor koek en versier soos verkies.
Foto en Resep: Johanna Zwiegelaar






