

SHEILA SE LEKKERSTE FUDGE OOIT
Resep: Sheila Marsburg Troskie
Hier het ek nou my stokou Fudge resep gekry. Daar is nie nou ‘n foto by nie. My sussie het die resep seker 50 jaar gelede by Nella Theron gekry.
4 koppies suiker
1 blik kondensmelk
110 g botter
1 teelepel vanilla geursel
1 koppie melk
½ eetlepel stroop
Plaas suiker, botter, melk en stroop in ‘n pot en kook vir 5 minute. Voeg kondensmelk by en laat kook vir 20 min. Roer aanhoudend. Haal van die hitte af. Voeg die vanilla by en klits goed tot dit begin styf word . Skep die fudge uit in gesmeerde plat bak en los om koud te word. Sny in blokke.
Dit is die lekkerste fudge ooit.







