VINNIGE LEMON MERINGUE
Suurlemoen geur tennisbeskuitjies en gesmelte botter (kors) (1 pk beskuitjies en 80 ml botter)
2 blikke kondensmelk
4 eiergele (hou witte eenkant)
250 ml suurlemoen sap
Maak die beskuitjie fyn en meng met die gesmelte botter, druk vas in tertbak vir kors.
Meng die res van die bestanddele saam en sit bo-op kors, sit in die oond op 180°C vir 10 min.
Klits eierwitte tot styf, gooi eetlepel suiker en paar druppels suurlemoen geursel(optional die essence, ek hou van dit want dit gee ‘n verdere suurlemoen smaak) by, klits tot goed gemeng.
Skep die eierwitmengsel bo-oor en bak tot eierwit droog en bruin, so 15 minute.
Foto: Bernice Walters