CRUNCHIES
4 koppies oats
3 koppies klapper
3 koppies suiker
1 koppie koekmeel
Knippie sout
1 teelepel kaneel
1 teelepel koeksoda
3 eetlepels goue stroop
Botter – bietjie meer as die helfte ongeveer 400 g
2 koppies (grof gekapte) gemengde neute
Kwart koppie melk
Smelt botter en voeg nat bestandele by botter.
Klits goed.
Meng al die droë bestanddele.
Gooi nou nat en droog by mekaar en meng met ‘n vurk. Maak seker dis goed gemeng.
Gooi uit op ‘n bak plaat en rol so effens met n roller of druk met n vurk plat.
Bak vir ongeveer 40 minute by 150ºC
Sny in blokkies wanneer dit nog warm is.
Hou dit op die plaat tot afgekoel.
Geniet hom.
Foto: Pikkie Langenhoven