QUICHE
Kors
115 ml margarine, verkieslik n harde margarine, soos best for bake van pnp
250 ml meel
5 ml bakpoeier
1 eier
75 ml melk (5 eetlepels)
2,5 ml sout
Kilts bogenoemde bestanddele goed saam, sal ‘n deeg vorm wat jy moet kan uit rol.
As jy ‘n sagte margarien gebruik gaan jou deeg slapperig uit kom, voeg klein bietjie meel by.
Jy kan die res van die deeg in kleef plastiek sit en vries vir ‘n volgende keer.
Vulsel
Ek het nie regtig mates vir die vulsel nie, ek sit in wat ek het.
2 medium uie, blokkies gekap
200 / 250g spek “bacon bits”, of enige ander snit en sny net kleiner.
Spinasie (ek gebruik gevriesde spinasie wat ontdooi is en water uit gedruk is) fyn gekap.
Sampioene, (ek gebruik gevriesde sampioene wat ontdooi is en water uit gedruk is) kan kleiner sny as dit groot stukke is.
Kaas, ek gebruik so 1 ½ koppie kaas, jy kan meer of minder gebruik, en jy kan bv Gouda, cheddar en mozzarella meng of net 1 geur gebruik, dit hang af wat jy in die huis het.
Jy kan kruie by gooi soos pietersielie, oreganum, gemengde kruie of jy kan dit uit los, bacon is sout.
Jy kan knoffel by voeg as jy wil.
Ek braai my uie, tot glaserig, dan voeg ek spek by, braai liggies tot gaar, ek verkies dat dit nie bros is nie. Dan voeg ek my spinasie en sampioene by, onthou om water uit te druk anders gaan jou quiche waterig wees. Dan sit ek my plaat af, voeg my kaas by, meng goed deur en laat staan dat dit afkoel. Sodra die mengsel lou of koud is, vlok ek dit met ‘n vurk en skep in die voorbereide muffin pannetjie (spuit jou pannetjie Rol die kors en plaas in holtes, (ek prik my kors met ‘n vurk).
Maak die eier mengsel:
Plaas 4 eiers en 200 ml melk met aromat en kruie (gedroogte) in ‘n mengbak.
Klits goed met ‘n vurk en skep dit in gevulde holtes in muffin pannetjie, maar nie oorvol nie. Jy kan nog bietjie kaas bo oor strooi sou jy dit so verkies.
Bak op so 150ºC tot gaar.
Ek kyk maar gereeld en toets met ‘n toetspen tot die quiches gaar is. Die bak tyd sal maar afhang van jou oond.
My bevinding is dat die kaas die mengsel so bietjie by mekaar hou as jy dit in die vulsel in meng in plaas van om dit net bo oor te sprinkel. Jy kan byvoorbeeld die spinasie uit los, of jy kan nog iets anders by voeg. Oorskiet braai vleisies is ook lekker, fyn gesny, gebraaide uie by en dan kaas (of nie) en jou eiermengsel bo oor. Speel gerus met ‘n paar variasies en gebruik wat jou gesin sal eet. Kan dit vleisloos ook maak en groente insit, broccoli spinasie, mielies, tamaties, sampioene ens.
Resep en foto: Rina Watkins
2de foto: Suenell Liebenberg – Vulsel is:
‘n koppie gekerfde biltong, 1 koppie gekerfde sampioene, half koppie klein mielietjies en ‘n koppie gerasperde cheddar kaas
Geskuif as “Quiche met variasies”