

TIRAMISU KOEK TERT
ronde bak
koekstukke (ek het baie stukke sjokoladekoek wat ek afgesny en gevries het)
Druk koek stukke in bak vas, onder, sowel as langs die kante.
Vulsel:
3 teelepels koffiepoeier aangemaak in 45 ml kookwater, laat afkoel
150 g sjokolade, gesmelt
1 ½ koppies room styf geklop met 2 eetlepels suiker
250 ml Mascarponi kaas
Vou mascarponi, koffie en gesmelte sjokolade in by styfgeklopte room, skep in bak wat uitgevoer is met koek, maak gelyk bo-op en plaas nog koek bo-op.
Laat set oornag in yskas, keer uit op opdien bord en giet gesmelte sjokolade met neute bo oor.
Resep en Foto: Petré van Jaarsveld






