

KITSPOEDING LAGIE TERT
2 pakkies tennisbeskuitjies
2 pakkies kitspoeding, enige geur, ek het strawberry gevat
1 botteltjie Orley Whip
2 koppies melk
Vir bo-op het ek twee Beacon red velvet sjokolades gebruik, gesmelt saam met ‘n bietjie botter en melk om net smeerbaar te maak.
Klits Orley Whip styf.
Meng melk en kitspoeding.
Vou kitspoeding by room.
Pak ‘n laag koekies, gooi helfte van mengsel oor, pak weer ‘n laag koekies, gooi res van mengsel oor, sit laaste laag koekies, smeer versigtig die sjokolade mengsel oor en sit in yskas .
Gebruik enige kitspoeding en enige sjokolade of versiersel vir bo-op, na jou smaak.
Foto en resep: Letitia Steenberg







Geskuif