

ELMARIE SE FUDGE MET MEEL
Smelt op lae hitte:
6 koppies suiker
1 koppie meel
166 g botter (derde pond)
1 kondensmelk blikkie water
3 teelepels stroop
Voeg by:
1 blik kondensmelk
½ teelepel kremetart
Kook op medium hitte, sodra borrel, kook 25 min, maar roer aanhoudend.
Voeg 1 teelepel vanillja by en klop bietjie, gooi uit in pan, maak gelyk en laat stol.
Maak nogals baie.
Nota: Het jare terug resep by my buurtannie gekry. Het al so baie gemaak dat ek nie meer resep gebruik nie. Die beslag moet loskom van kante van pot anders gaan dit nie stol nie.
Resep en Foto: Elmarie de Bruyn






