GIDEON SE KAIINGS
Ek kon nie meer my lus hou vir n lekker krakerige crackling nie en vandag het hulle gekry en tog te heerlik gekom lekker krakerig
Sny die varkvelle in blokkies nadat die meeste vet afgesny is
Pak op n bakplaat wat met foelie uitgevoer is nadat ek dit alkante met olyf olie en sout gesmeer het
As dit uitgepak is sprinkel liggies met n bietjie koeksoda en paprika asook n bietjie chilliepoeier na smaak
Dis heerlik as dit in die oond was vir 10 tot 15 min op 200 ºC en dan vir n klein rukkie gegrill was.
Pak dit uit op handoek rol om effe te dreineer.
Foto en resep: Gideon Louw
Category Archives: Vark / Pork
BBQ VARKBOUD IN DIE PRUTPOT
BBQ VARKBOUD IN DIE PRUTPOT
Die is seker een van my maklikste aandetes na n lang week…net twee bestanddele.
Dit is gaar as jy by die huis kom, en daar is oorskiet vir minstens nog twee tot drie etes.
Wenner in elke opsig. En baie lekker.
1.5 kg varkboud
1 bottel bbq sous van jou keuse
Sit vark en sous in slow cooker en spoel bottel sous uit met 100 ml water. Kook vir 8 ure. Trek ontbeende en ontvelde vark met 2 vurke uitmekaar, en skep in oondbak. Kook die sous nog 20 min totdat dit met die helfte verminder het. Giet oor varkvleis en roer deur. Gebruik soos wat jy wil.
Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto: Ilze Garbers Jacobs
VARKLENDETJOPS OF RIBVINGERS IN SOUS GEBAK
VARKLENDETJOPS OF RIBVINGERS IN SOUS GEBAK
1 kg varklendetjops of varkrib, tussen die ribbes in vingers gesny.
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
250 ml water
125 ml tamatiesous
5 ml fyn gemmer
15 ml bruinsuiker
125 ml bruinasyn
45 ml worcestershiresous
5 ml aangemaakte mosterd Continue reading
PORK CHOPS WITH LEMON
PORK CHOPS WITH LEMON
I made a very garlicky gremolata to go with the rich pork. Served with fluffy sexy mash and steamed carrots.
A simple pork chop recipe from the River Cafe Cook Book. The pork loin is effortlessly seasoned with fresh lemon juice before being roasted to perfection. Grilling the pork chops first gives them an interesting, charred flavour. Roasting the lemon with the chops and squeezing the cooked juices over the meat will result in a delicious lemony sauce to pour over at the end. Pork chops should be cut 3 cm thick. Continue reading
“PULLED PORK” POTJIE PASTEI
“PULLED PORK” POTJIE PASTEI
Ek het hierdie lekker ” pulled pork potjie paai ” in my swartpot oppie kole gemaak met oorskiet vark bladvleis en dit was absoluut djeeeerlik!
± 500 g oorskiet vark bladvleis
1 ui, fyn gekerf
2 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels sweet chillie sous
2 eetlepels suurlemoensap
2 eetlepels heuning
2 eetlepels korrelmosterd
1 teelepel gemaalde swartpeper
Meng alles saam.
Deeg:
4 koppies koekmeel Continue reading
STICKY GLAZED PORK RASHERS
STICKY GLAZED PORK RASHERS
Allegaartjie is so mooi Afrikaanse woord, en dit is soos dit klink, heerlik. Nou ja ek hou van my tamatie rou, chips, crumbed steak en hierdie pork rashers, heerlik.
¾ cup barbecue sauce
¼ cup Worcestershire sauce/ soya sauce
1/3 cup maple syrup/honey
¼ cup Dijon mustard
3 teaspoons smoked paprika
1.5 kg pork rashers (boneless pork ribs)
Preheat oven to 220˚C/200˚C fan-forced. Combine barbecue sauce, Worcestershire/soya sauce, maple syrup/honey, mustard and paprika in a small saucepan. Continue reading
VARKTJOPS IN ‘N KITS
VARKTJOPS IN ‘N KITS
4 varktjops
sout en peper
jou keuse speserye
Sous
30 ml soet rissie of rissie-knoffelsous
30 ml blatjang (Ek het jalapeno blatjang gebruik)
30 ml suiker
30 ml Worcestersous
Keep die vetrante van die varktjops in sodat dit goed uitbraai.
Plaas die tjops langs mekaar in ‘n bakpan.
Meng al die sous bestanddele saam sodat dit ‘n pasta vorm is.
Ek sit ‘n titsel water by.
Smeer elke varktjop met van die pasta, bak, draai om en smeer aan anderkant.
Bak tot gaar.
Resep: Morne Kriel
Foto: Ilze Jacobs
CHUTNEY / BLATJANG VARKTJOPS
CHUTNEY / BLATJANG VARKTJOPS
8 varktjops
¼ koppie chutney/blatjang
2 eetlepels heuning
1 teelepel mosterdpoeier
1 teelepel geelsout/aromat
¼ teelepel kerriepoeier
Sout die varktjops.
Meng al die bestanddele.
Skep ¼ koppie van die sous oor die varktjops.
Bak ¼ uur, draai om die tjops en gooi ander sous oor die anderkant van die tjops.
Bak ½ uur lank tot mooi bruin.
Resep: Carol Elliott Claassen
Resep geplaas deur Morne Kriel
SWEET AND SOUR PORK WITH VEGGIES
SWEET AND SOUR PORK WITH VEGGIES
Once you’ve made this version, I promise you’ll never go back to a mediocre Chinese restaurant for sweet and sour pork again. Sweet and sour pork is a classic Cantonese dish. Its fame is such that the Chinese call it gu lao rou, meaning pork with a long history.
250 gr fresh pineapple (about ¼ small)
1 small onion
1 carrot
few green beans
½ green pepper
few broccoli florets
1 spring onion
2 to 3 long red chillies, seeded
2 garlic cloves
vegetable oil, for deep-frying Continue reading
IDEES MET VARK TJOPS
IDEES MET VARK TJOPS
Retha Du Toit
Worcestershire sous gemeng met appelkooskonfyt, smeet oor varkchops. Gooi net biltongspice op tjops
Mercia Labuschagne
Kerrie varktjops, Meng kerrie, borrie, chutney, bietjie tamatiesous, bietjie asyn en bietjie kookolie saam. Gooi oor tjops. Bak tot gaar.
Analitia Shuda
Neem varktkops, rol dit in:
1 eetlepel amandel meel
1 eetlepel kerrie poeier
sout en pepper, na smaak
Plaas in oondskottel.
Meng:
1 eetlepel asyn
1 blik pypappel
Giet dit bo-oor die tjops.
Plaas in oond 180°C vir 30 min. Continue reading