“PULLED PORK” POTJIE PASTEI
Ek het hierdie lekker ” pulled pork potjie paai ” in my swartpot oppie kole gemaak met oorskiet vark bladvleis en dit was absoluut djeeeerlik!
± 500 g oorskiet vark bladvleis
1 ui, fyn gekerf
2 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels sweet chillie sous
2 eetlepels suurlemoensap
2 eetlepels heuning
2 eetlepels korrelmosterd
1 teelepel gemaalde swartpeper
Meng alles saam.
Deeg:
4 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
2 eetlepels suiker
½ teelepel sout
Sif alles saam in mengbak en voeg by.
1 koppie gerasperde geelkaas
1 koppie olyfolie
1 koppie melk
Meng alles saam en knie tot ‘n deeg en rol uit tot omtrent 10 mm dik.
Maak een derde van die deeg af en plaas twee derdes in ‘n platboompot en werk dit mooi teen die rante uit.
Giet die vleismengsel in die pot en maak ‘n ronde sirkel van die ander derde en plaas bo-op die vulsel en druk die rante saam vas.
Sny ‘n keep of twee op die boonste deeg en smeer dit met geklitste eier.
Bak op matige skerp kole onder en op die deksel van die pot vir ‘n uur lank.
Vervang die kole as dit te veel afgaan met skerperige kole sodat die kors effens verbruin.
Ons het dit geniet saam met opgekookte appel en was uit die boeke.
Hmmmmmmmm dit was lekker sappig en niks droog nie.
PULLED PORK
Heerlike Djeeerlike Lekker varkblad hmmmmmmm
‘n 2.5 kg Varkblad geplaas in ‘n oondvaste bak en besprinkel met olyfolie en sout en gemaalde swartpeper en ‘n bietjie suurlemoensap asook ‘n paar roosmaryn takkies
Bedek die blad met bak met foelie en bak op 150°C vir 3.5 ure.
Gooi 2/3 van die sous wat gevorm is, af en verdik met ‘n bietjie sampioen soppoeier en sit saam met die vleis voor.
Stadig grill die vleis met die foelie.
Verwyder vir nog ‘n verdere 30 min.
Ons het die varkblad geniet saam met blomkool, ertjies en gebakte aartappels.
Was yt die boeke lekkerrrrr!
Resep en foto: Gideon Louw
geskuif