VARKTJOPS IN ‘N KITS
4 varktjops
sout en peper
jou keuse speserye
Sous
30 ml soet rissie of rissie-knoffelsous
30 ml blatjang (Ek het jalapeno blatjang gebruik)
30 ml suiker
30 ml Worcestersous
Keep die vetrante van die varktjops in sodat dit goed uitbraai.
Plaas die tjops langs mekaar in ‘n bakpan.
Meng al die sous bestanddele saam sodat dit ‘n pasta vorm is.
Ek sit ‘n titsel water by.
Smeer elke varktjop met van die pasta, bak, draai om en smeer aan anderkant.
Bak tot gaar.
Resep: Morne Kriel
Foto: Ilze Jacobs
Geskuif.