

KOOS SE AARTAPPEL GEREG
5 aartappels
bietjie olie
knoffel botter
droë Worcestersous korrels
250 ml room
1 pakkie Knorr Three Cheese souspoeier
gerasperde kaas
Vanaand weer bietjie ‘n aartappel dis gemaak.
Aartappels geskil en in so halwe sentimeter skywe gesny.
In water gekook tot so amper gaar maar nie heeltemal sag nie.
Gooi olie in ‘n oond pan net so dat die bodem nat is.
Pak die aartappels in die pan en draai om sodat daar olie aan die bokant van die aartappel is.
Vanaand het ek knoffel botter oorgerasper net so dat daar genoeg na smaak oor die aartappels is.
Droë Worcetersous korrels oorgegooi en toe in die oond gebak op 160º C tot die aartappels begin bruin raak.
250 ml room gemeng met een pakkie Knor Three Cheese souspoeier en oorgegooi.
Kaas oor gerasper en terug in die oond en gebak tot kaas gesmelt is en die room gestol het.
Saam het ek vark boud chops in die oond gebak.
Foto en Resep: Koos van der Merwe






