ESMARIE SE BRAAIRYS
Soos aangevra hier is die foto van my braairys. Ek het laas sommer groente met knoffel en kruie in die oond gebraai en saam voorgesit. My huismense jaag my gewoonlik aan om die gereg te kan eet. My seun van 20 wat glad nie lief is vir rys nie vra elke keer ‘n tweede porsie.
Net weer die resep:
Ek kook my rys vooraf amper gaar, moet nog effens hard wees, nie pap nie.
3 gekerfde uie
125 – 250 g maalvleis
5 ml oreganum
2.5ml gemengde kruie
speserye na smaak Continue reading
Category Archives: Ligte Etes / Light Meals
YOLANDE SE “POT PAAI”
YOLANDE SE “POT PAAI”
Die ready made rolletjies deeg het nie werk nodig nie. Afhangende van hoeveel mense gaan bepaal of jy 1 of 2 rolle gaan nodig he. Haal uit die vrieskas-laat buite le tot dit kamertemperatuur is
Rol oop bo op die plastiek waarin dit toegerol is. Smeer met tamatiepasta-
los so 2 cm reg rondom oop op die rante. Plaas ‘n laag rou spek bo op uitgesprei-kan enige polonie in die plek daarvan gebruik. Braai maalvleis, uie en greenpepper en geur na smaak.
Laat afkoel en skep in dun laag bo op. Sit ‘n paar blare gewasde spinasie bo op.
Rasper kaas oor die helfte. Continue reading
“TUNE-UP” TUNA SLAAI
“TUNE-UP” TUNA SLAAI
Ons eet weer vanaand ons spesiale Tuna slaai.
Die basiese resep is 2 blikkies tuna (water of olie afgegooi),
gerasperde of blokkies kaas,
fyngekapte ui en ‘n groot pak Kaas en Uie chips (fyngedruk).
Daarby kan jy enige iets anders voeg waarvan jy hou.
Tamatieblokkies,
‘n blikkie ertjies,
hardgekookte eiers,
mielies (pitmielies),
blaarslaai.
Meng met Mayonniase of maak ‘n pienk sous van Mayo, Tamatiesous, Chutney en aromat.
Ons eet dit met vars rolletjies. Geniet! (O ja, ons noem dit Tune-up).
Foto en resep: Jeanette Martins
TUNA EN RYSNOEDELSLAAI



TUNA EN RYSNOEDELSLAAI
Hierdie is my familie en vriende se gunsteling pasta slaai. Jy kook rysnoedels sag, spoel af onder kou water. Gooi in ‘n bak en meng in een of twee (na gelang van die hoeveelheid noedels) blikkies pynappel stukke met sap en een of twee blikkies tuna in sout water en meng deur.
Laat staan vir so uur sodat die noedels die sap absorbeer.
Meng dan mayonaise (na smaak) deur en siedaar heerlike tuna, pynappel en rysnoedel slaai.
Resep: Anette Van de Merwe
HOENDERLEWERTJIES OP PANINI BROODJIES
HOENDERLEWERTJIES OP PANINI BROODJIES
hoenderlewers
1 fyngesnyde knoffel huisie
2 eetlepels kerriepoeier
warm water
± 1 teelepel Tabascosous
1 teelepel suiker
250 ml room
Braai die knoffel huisie in olyfolie, voeg hoenderlewers by en braai tot gaar.
Meng die kerriepoeier met warm water en voeg by die lewertjies.
Voeg Tabascosous by, asook die suiker.
Roer gereeld op lae hitte, voeg dan die room by en laat prut vir om en by 15 minute.
Resep en foto: Cecil Dunhin
GEROOKTE HOENDERSLAAI MET SELDERY
GEROOKTE HOENDERSLAAI MET SELDERY
3 seldery stingels opgesny
600g gerookte hoender in blokkies gesny
300g druiwe gehalveer of heel indien dit klein korrels is
3-4 spriet uie in ringetjies gesny
1 medium advokado in blokkies of skywe gesny
1 engelse komkommer gesny
Slaaisous:
125 g gewone yoghurt
125 ml mayonaise
15 ml korrel mostert
15 ml heuning
10 ml suurlemoensap
15 ml varsgekapte pietersielie
Sout en pepper na smaak Continue reading
BAKGAT BROOD VIR AAND ETE OF ONTBYT



BAKGAT BROOD VIR AAND ETE OF ONTBYT
6 snye brood, korsies afgesny
botter
Marmite
1 koppie gerasperde Cheddar kaas
2 eiers
sout en peper
tamatieskyfies
3/4 koppie melk
1 pakkie spek, gesnipper en bruin gebraai
Continue reading
MIKROGOLF TUNA GEREG
MIKROGOLF TUNA GEREG
Jare gelede het my sus hierdie resep vir my gegee en het ek dit gereeld vir my seuns gemaak vir ete na skool.
Meng die volgende saam :
2 blikkies tuna
2 blikkies Tamatiesous spaghetti
1 blik hoender of sampioenroomsop Continue reading
BULLY BEEF EN KAASPASTEI
BULLY BEEF EN KAASPASTEI
1 blikkie bully beef gerasper
1 koppie kaas
2 eiers geklits
4 eetlepels chutney
4 eetlepels chilli sous
2 eetlepels olie
1 teelepel bakpoeier
1 telepel sout
3 koppie koekmeel
Halwe koppie water Continue reading
ELSA SE TUNA ROL
1 blikkie tuna ( die in water)
1 ui fyn gekap
halwe koppie gerasperde kaas
3 eetlepel mayonniase
3 eetlepel tamatiesous
3 eetlepel chutney
sout en peper na smaak
1 gekoopte rol skilferdeeg Continue reading










