HOENDERLEWERTJIES OP PANINI BROODJIES
hoenderlewers
1 fyngesnyde knoffel huisie
2 eetlepels kerriepoeier
warm water
± 1 teelepel Tabascosous
1 teelepel suiker
250 ml room
Braai die knoffel huisie in olyfolie, voeg hoenderlewers by en braai tot gaar.
Meng die kerriepoeier met warm water en voeg by die lewertjies.
Voeg Tabascosous by, asook die suiker.
Roer gereeld op lae hitte, voeg dan die room by en laat prut vir om en by 15 minute.
Resep en foto: Cecil Dunhin