

GEDOOPTE FRIKKIES
Maak klein frikadelletjies met maalvleis en kruie van jou keuse
DEEG
Meng die volgende saam:
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
25 ml suiker
½ teelepel sout
Klits die volgende saam:
1 eier
1 eetlepel gesmelte botter
75 ml melk
Continue reading
Category Archives: Voorgeregte / Starters
JOGURT, TAMATIE EN GARNAAL VOORGEREG


JOGURT, TAMATIE EN GARNAAL VOORGEREG
1 houer gewone jogurt
1 bakkie klein tamaties
vars kruie: soveel soos jy daarvan hou
basilliekruid
tiemie
stingeluie
rocket
knoffel olyfolie
sout en peper na smaak
vye chutney
garnale Continue reading
LEATITIA SE VYE VOORGEREG


LEATITIA SE VYE VOORGEREG
Sny ‘n kruisie bo-in elke vy en druk liggies sodat dit so half oopblom.
Gooi bietjie sout en sit ‘n klein blokkie kaas bo-in die kruisie. (Kan ook Parmaham indruk)
Bak vir so 7 min in oond teen 180ºC.
Verhit intussen 250 ml room en smelt stadig daarin ‘n wig bloukaas totdat dit gesmelt het. Moenie dat dit kook nie.
Skep so 2 vye p/persoon in ‘n klein bakkie en verdeel die room tussen die bakkies.
Bak weer vir so 8-10 min in die oond.
Gooi so “drizzle” balsamiese reduksie (dik strooptipe) bo-oor en bedien as voorgereg.
Resep: Laetitia Burger
MOSSELPOT


MOSSELPOT
1-2 pakke half mossels
2 uie en baie knoffel (na smaak), fyngekap
sout en peper na smaak
125 ml margarien
basiese witsous (hoeveelheid afhangend hoeveel mense gaan eet)
250 ml room
Spoel mossels af. Braai uie en knoffel in margarien, maak basiese witsous resep met sout en peper, gooi alles bymekaar en kook mossels paar minute so. Sous word dikker, rond dan af met jou 250ml room
Resep en foto: Billy En Vanessa Range
SOUS VIR ‘N GARNAAL VOORGEREG


SOUS VIR ‘N GARNAAL VOORGEREG
2 eetlepels tamatiesous
1 eetlepel mayonnaise
1 eetlepel sweet chillie sous
1 eetlepel blatjang
1 desertlepel suiker (12,5 ml)
‘n knippie sout asook ‘n bietjie wit peper
Braai die garnale vir ‘n paar minute in knoffelbotter en plaas op ‘n paar kropslaai blare in ‘n bakkie. Meng al die bestanddele vir die sous en bedien dit oor die garnale na smaak.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
DRICUS SE AVOKADO RITZ


DRICUS SE AVOKADO RITZ
2 ferm ryp avokado’s, in blokkies gesny
Sout, suurlemoen en swartpeper, na smaak
Rooster garnale in knoffelbotter – hoeveelheid volgens porsies.
Meng saam vir die sous:
250 ml mayonnaise
1 teelepel dijon mosterdpasta
3 eetlepels vars gekapte pietersielie
gekapte grasuie, na smaak
paar druppels tabasco, na smaak Continue reading
WILLEM’S TOMATO SALAD


WILLEM’S TOMATO SALAD
750 g cherry tomatoes
10g fresh basil leaves
10g fresh oregano leaves
4-5 large cloves of fresh garlic
15 ml fine salt
150 ml extra virgin olive oil
Depending on the size of the cherry tomatoes, cut into half’s or quarters.
Crush the fresh garlic (please, not shop bought crushed garlic).
Finely chop the basil and oregano leaves (no stems). Continue reading
KREEFSLAAI


KREEFSLAAI
3 krewe
1 ui
1 tamatie
1 koppie mayonnaise
¼ koppie tamatiesous
Kook krewe na smaak tot gaar. Sny vleis in klein stukkies.
Sny ui in fyn stukkies.
Verwyder tamatie se pitte en sny in klein blokkies.
Meng kreef, uie en tamatie.
Meng die mayonnaise en tamatiesous saam en voeg by kreef mengsel. Meng alles goed saam.
Bedien lekker koud op ‘n slaaiblaar as voorgereg.
Resep en fotos van Johan Westenberg
KOUE AARBEI EN KLAPPER SOP


KOUE AARBEI EN KLAPPER SOP
Genoeg vir 4 tot 5 gaste.
900 g aarbeie
250 ml vanilla jogurt
125 ml lemoensap
3 teelepels suurlemoensap
50 ml suiker
½ koppie klappermelk
2,5 ml vanilla
¼ teelepel gemmer
¼ teelepel kaneel
Garneer met mint, lemoen zest of geklopte room
Continue reading
GIDEON SE REUSE SAMPIOENE


GIDEON SE REUSE SAMPIOENE
Ek’t vanaand die oudurfie vir ons oppie kole gemaak van die reuse sampiejoene.
Ek het ‘n bietjie knoffel en botter gesmelt en binne in die sampiejoen geskink en bietjie Mosserella kaas op elkeen gestrooi en ook ‘n bietjie chillieflakes gevolg met ‘n bietjie gerasperde biltong.
Dit was baaaaie lekker!
Moenie sout bysit nie want die biltong en kaas en knoffelbotter is alreeds bietjie sout.
Braai dit dan op stadige kole vr 15 tot 20 min tot gaar.
Ek het ‘n kassarol se deksel bo-oor die sampiejoene geplaas sodat dit ‘n bietjie hitte van bo af ook kan kry.
Maar lekker was dit beslis!
Resep en foto: Gideon Louw

