

GIDEON SE REUSE SAMPIOENE
Ek’t vanaand die oudurfie vir ons oppie kole gemaak van die reuse sampiejoene.
Ek het ‘n bietjie knoffel en botter gesmelt en binne in die sampiejoen geskink en bietjie Mosserella kaas op elkeen gestrooi en ook ‘n bietjie chillieflakes gevolg met ‘n bietjie gerasperde biltong.
Dit was baaaaie lekker!
Moenie sout bysit nie want die biltong en kaas en knoffelbotter is alreeds bietjie sout.
Braai dit dan op stadige kole vr 15 tot 20 min tot gaar.
Ek het ‘n kassarol se deksel bo-oor die sampiejoene geplaas sodat dit ‘n bietjie hitte van bo af ook kan kry.
Maar lekker was dit beslis!
Resep en foto: Gideon Louw






