
RANDREKKER IDEES
Rina Kleinhans:
Maak ‘n lekker groot pot “savoury” maalvleis, deel dit in drie, kerrie die een deel vir kerrie en rys, gebruik die ander in jaffels en dit wat oorbly maak lekker herderspastei, of so iets.
Vernon G Schoultz:
Ek werk op porsies, ons is 5 mense so ek koop wors en deel in 100 g stukke per persoon, maalvleis selfde, waneer ek burgers maak dan gebruik ek 350 g maalvleis, ek voeg of 1 koppie hawemout by of ek rol 3 snye brood in ‘n stywe bal en rasper dit by die maalvleismengsel. Continue reading










