SOP SONDER VLEIS
2 pakkies droë ertjies
Hoeveelhede na smaak:
grof gekapte uie
aartappelblokkies
geelwortel blokkies
sout en peper
Plaas die ertjies in ‘n kastrol en voeg genoeg water by om ertjies te bedek.
Kook ertjies tot dit lyk soos ‘n pasta/puree.
Roer gereeld sodat dit nie aanbrand nie.
In ander pot met water soveel sop as wat jy wil maak, kook die uie, aartappelblokkies, geelwortel blokkies, sout en peper tot sag.
Voeg ertjie pasta by, en verdik verder met groente en of hoender soppoeier.
Kan blikkies groente ook byvoeg.
Geplaas deur Petré van Jaarsveld