

RANDREKKER LASAGNE
1 blikkie bullybeef, in blokkies gesny
2 groot uie
1 blikke sweetcorn
1 groot tamatie
mayonnaise na smaak
chutney na smaak
kaassmeer (in my geval Homemade)
sout en pepper na smaak
Braai uie en tamatie saam voeg die bullybeef en sweetcorn by, geur met mayonnaise, chutney en ander geurmiddels.
Pak lae met lasagne velle en bully vulsel, ek voeg ‘n pakkie sampioen sop poeier by die om dit nog verder te rek.
Smeer kaassmeer bo-oor en bak vir 30 minute.
Dis goedkoop en baie baie lekker.
BRON: Riana Barnard Sadler






