YOLANDE SE “POT PAAI”
Die ready made rolletjies deeg het nie werk nodig nie. Afhangende van hoeveel mense gaan bepaal of jy 1 of 2 rolle gaan nodig he. Haal uit die vrieskas-laat buite le tot dit kamertemperatuur is
Rol oop bo op die plastiek waarin dit toegerol is. Smeer met tamatiepasta-
los so 2 cm reg rondom oop op die rante. Plaas ‘n laag rou spek bo op uitgesprei-kan enige polonie in die plek daarvan gebruik. Braai maalvleis, uie en greenpepper en geur na smaak.
Laat afkoel en skep in dun laag bo op. Sit ‘n paar blare gewasde spinasie bo op.
Rasper kaas oor die helfte.
Rol die deeg met die vulsel van die smal kant af op. Druk die kante toe. Smeer met geklitste eier en bak +- 1 uur teen 180ºC.
Jy kan enigiets binne in in lae pak vir die vulsel..afgekookte vleis, stir fry vark, hoender of bully-net wat jy wil!
Maak net eers jou vleis gaar en laat dit afkoel. Alternatief is ook net groente en geblikte bone..
Seël die rol se punte net mooi sodat die vulsel nie “uitbak” nie… Gebruik jou verbeelding en enjoy!
Resep en foto deur Yolande L Fourie








