


TUNA EN RYSNOEDELSLAAI
Hierdie is my familie en vriende se gunsteling pasta slaai. Jy kook rysnoedels sag, spoel af onder kou water. Gooi in ‘n bak en meng in een of twee (na gelang van die hoeveelheid noedels) blikkies pynappel stukke met sap en een of twee blikkies tuna in sout water en meng deur.
Laat staan vir so uur sodat die noedels die sap absorbeer.
Meng dan mayonaise (na smaak) deur en siedaar heerlike tuna, pynappel en rysnoedel slaai.
Resep: Anette Van de Merwe






