ESMARIE SE BRAAIRYS
ESMARIE SE BRAAIRYS
Soos aangevra hier is die foto van my braairys. Ek het laas sommer groente met knoffel en kruie in die oond gebraai en saam voorgesit. My huismense jaag my gewoonlik aan om die gereg te kan eet. My seun van 20 wat glad nie lief is vir rys nie vra elke keer ‘n tweede porsie.
Net weer die resep:
Ek kook my rys vooraf amper gaar, moet nog effens hard wees, nie pap nie.
3 gekerfde uie
125 – 250 g maalvleis
5 ml oreganum
2.5ml gemengde kruie
speserye na smaak
Braai die uie in ‘n olie en botter mengsel in ‘n braaipan tot sag en begin bruin word.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot vleis lekker los en bruin is.
Voeg die oreganum, gemengde kruie en speserye na smaak by.
Voeg nou die gaar rys by en roerbraai tot lekker gemeng.
Ek braai dit tot dit so effens vasbraai aan die bodem van die pan op ‘n medium hitte. (Dit gee dit so effense krakerige tekstuur en neuterige smakie)
Ek braai ook soms gesnyde sampioene en fyn gekapte greenpepper by die uie wanneer ek dit braai, maar gereg is net so lekker sonder dit. Geniet dit.
Resep en foto: Esmarie Friedrichs












