


BAKGAT BROOD VIR AAND ETE OF ONTBYT
6 snye brood, korsies afgesny
botter
Marmite
1 koppie gerasperde Cheddar kaas
2 eiers
sout en peper
tamatieskyfies
3/4 koppie melk
1 pakkie spek, gesnipper en bruin gebraai
Smeer die snye brood met die botter en Marmite en sny elke snytjie in die helfte. Klits die eiers en melk saam en voeg sout en peper by na smaak. Smeer ‘n vuurvaste oondbak met smeer en pak ‘n lagie brood onder in die bak.
Rangskik die spek en tamatie bo-op die brood en strooi die kaas bo-oor. Giet die eiermengsel bo-oor die spek en tamatie en bak die gereg in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 30 minute tot goudbruin.
Nota: Die resep kan verdubbel word, maar pak bestanddele dan in 2 lae en giet net laastens die melk- en eiermengsel bo-oor.
One thought on “BAKGAT BROOD VIR AAND ETE OF ONTBYT”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done