MIKROGOLF TUNA GEREG
Jare gelede het my sus hierdie resep vir my gegee en het ek dit gereeld vir my seuns gemaak vir ete na skool.
Meng die volgende saam :
2 blikkies tuna
2 blikkies Tamatiesous spaghetti
1 blik hoender of sampioenroomsop
Krummel 1 groot pak kaas en uie skyfies en strooi bo-op en mikrogolf tot warm of warm op in oond. Heerlik op roosterbrood.
Foto en resep geplaas deur Anita Steyn
Andre Grove – Ken hom sonder spagetti en met kaas en post toasties gemeng bo oor
Joan Schubert – Ek gebruik Lays’ Balsamic Vinegar skyfies en 2 eiers+125ml melk in die plek van die sampioen sop, maar ek ken nie die weergawe met die Spaghetti nie – gaan probeer.








