

WENKE VIR DIE VRIES VAN VARS VRUGTE
Jutta Hanneman – Vir die wat baie vrugte aan bome het soos Appelkose en Perskes, vee af die vrugte, halfveer, haal pit uit en vries vir latere gebruik as jy teveel het, het die raad by vriendin gekry en vandag begin doen vir wanneer my konfyt en blatjang klaar is….dankie Mev Ilze Zimmerman Burger vir die raad
Elsie Venter – Dit werk wonderlik. Het al moerbeie, appelkose en vye so gebêre en in winter gekook wanneer dit nie so warm by die stoof is nie. En ek mag my verbeel, maar dis al asof die konfyt beter kook.
Jutta Hanneman – Het ook die raad by Ilze gekry om ‘n pit of wat saam te kook en uit te haal voor vles. Nooit te oud om te leer nie ne, net jammer ek het dit nou eers uitgevind, soveel vrugte verloor met geen kennis daarvan
Elsie Venter – Vir seker! Dit gee heel ander en baie lekkerder smaak. Ek bottel soms van die pitte saam, maar dit veroorsaak oorlog aan tafel, want almal wil die pit hê om af te suig…
Ansa C Reyneke – Werk dit vir nektariens ook? Met of sonder die skil?
Jutta Hanneman – skil aan met die appelkose en perskes
Ilze Zimmerman Burger – Ek gebruik my nektariens saam suur groen appels en mango! Ryp vye word skoongevee, met skil, pluk stingel en al in kwarte gesny – vries in 900g pakkies ( onthou om ongevriesde gewig te gebruik wanneer jy kook ) voeg 1 kop water en 600g suiker by, kook – moenie te veel roer nie. Dit lewer fynerige konfyt met stukke in wat proe na groen vye…..
Jeanette Grib – Ek doen dit al jare. Ek weeg my vrugte en merk die pakke dan weet ek sommer hoeveel suiker om te gebruik. Ek skil my perskes sommer klaar en appelkose breek ek net oop en haal pitte uit.
Rina Kleinhans – Ek stem saam ek maak sommer klaar in 1kg pakke op en ek weet van mense wat sommer die suiker ook oorgooi en dit dan so vries, net reg vir kook. dis heerlik om dwars deur die jaar konfyt te kan kook






