GEBAKTE ADVOKADOPEER
2 avokado’s gehalveer
1 koppie dik witsous
1 klein blikkie salm of garnale gedreineer ( vlok die salm)
sout peper en gerookte paprika
suurlemoensap, olyf of advokado olie bietjie suiker
gerasperde kaas Continue reading
Category Archives: Ligte Etes / Light Meals
GEBAKTE AVOKADO
GEBAKTE AVOKADO
Ons gunsteling met Avokado.
1 avokado
1 gekookte eier, fyngedruk
1 sny brood, korsies af en geweek in bietjie melk
1 eetlepel gerasperde kaas
½ teelepel Origanum
1 teelepel fyngesnyde rooi soetrissie of die vleis van 1 kersietamatie sonder die pitte of soet Chilliesous
½ teelepel Sour Cream and Chives Sprinkles
suurlemoensap
sout en peper na smaak Continue reading
GEROOKTE HOENDER EN AVOKADO SLAAI
GEROOKTE HOENDER EN AVOKADO SLAAI
500 g Gerookte hoender
2 Middelslag ryp avocados
100 g Neute van jou keuse
Baba spinasieblare
Rooi Soetrissie
Olyfolie
Balsemiek asyn
Heuning
Slaaisous Continue reading
ONTBYTBROODJIES


ONTBYTBROODJIES
Hoeveelhede van die bestanddele is volgens die hoeveelheid broodjies wat voorberei word.
lang rolletjies
uie, opgesny
knoffel, fyngemaak
pietersielie, gekap
viennas, opgesny
botter
koekmeel
melk
kaas, gerasper
Sny lang rolletjies in die lengte deur en rooster dit onder die oond se element.
Braai die ui, knoffel, pietersielie en gesnyde viennas in ‘n warm pan op die stoof met botter.
Voeg meel by, roer deur en voeg melk by.
Roer oor matige hitte tot ‘n dik witsous vorm.
Skep die vulsel oor die rolletjies, strooi die kaas oor die vulsel en rooster die gevulde broodjies onder die oond se element.
Resep en foto: Corne Liebenberg
VISPASTEITJIES


VISPASTEITJIES
Resep en foto: Wilma Josey Venter
FOOD LOVERS RECIPES
500 ml bruismeel
125 ml kookolie
125 ml melk
2 eiers, geklits
2 klein blikkies vis – sardyne in tamatiesous
250 ml grof gerasperde cheddarkaas
3 ml rissiepitte
varsgemaalde swartpeper en sout na smaak
pietersielie Continue reading
MEXICAN CHILLI CON CARNE BAKED POTATO
My aartappel gereg is Mexican chilli con carne baked potatoe with cheese, guacomole and sour cream
Die resep is eenvoudig, ek braai ‘n uie met knoffel en greenpepper en chillie, soveel chillie soos waarvan jy hou. Dan voeg ek bietjie maalvleis daarby en braai dit to lekker bruin, voeg dan tamatie paste by en ‘n blikkie Koo baked beans (Koo is net meer tamatierig as die ander). Maak ‘n gebakte aartappel in die oond en wanneer dit gaar is sny jy ‘n kruis op, druk dan sodat die aartappel oopmaak. Sit chillie con carne daarop en dan gerasperde kaas, suurroom en fyngedrukte avocado. Dis ‘n wenner in my huis.
BRON- Leanne Thurston Coetzer
AARTAPPEL EN CABANOSSIE WORS QUICHE
Ek maak wat ek noem gedrukte aartappels, maar wat ek dinkjulle noem Plat aartappels. Kook die aartappels in die skil tot sag. Dreineer en laat effens afkoel. Druk nou die aartappels op ‘n plat oppervlakte met die kussing van jou hand, saggies dat dit oopbars.
Plaas dit versigtig in diepolie en braai tot die buitekante lekker kragerig is en die binneste van die aartappel wat sigbaar is, begin verbruin. Continue reading
RANDREKKER LASAGNE


RANDREKKER LASAGNE
1 blikkie bullybeef, in blokkies gesny
2 groot uie
1 blikke sweetcorn
1 groot tamatie
mayonnaise na smaak
chutney na smaak
kaassmeer (in my geval Homemade)
sout en pepper na smaak
Braai uie en tamatie saam voeg die bullybeef en sweetcorn by, geur met mayonnaise, chutney en ander geurmiddels.
Pak lae met lasagne velle en bully vulsel, ek voeg ‘n pakkie sampioen sop poeier by die om dit nog verder te rek.
Smeer kaassmeer bo-oor en bak vir 30 minute.
Dis goedkoop en baie baie lekker.
BRON: Riana Barnard Sadler
KOOLGEREG

KOOLGEREG
My man is mal oor kool en ons het hierdie al baie gemaak en dis regtig lekker, maar baie ryk. Sit ‘n heel kopkool op foelie in ‘n oondpan. Smeer die hele kool dik met regte botter, strooi Aromat oor dat dit sommer so geel is. Pak dit toe met repies spek, en vou dit toe in die foelie. Bak vir so ‘n paar uur by 18ºC.
Dis heerlik, en mens het nie regtig nog iets saam met dit nodig nie.
BRON- Jane Burger Perkins
HOENDERLEWER- EN BLOMKOOL FRITTERS


HOENDERLEWER- EN BLOMKOOL FRITTERS
Ek het gisteraand een van my ietwat vreemde kombinasies gemaak maar julle sal nie glo hoe lekker dit is nie. Dit is my eie resep. Dis ook baie lekker om in klein balletjies te maak en koud by ‘n vingerete te bedien.
500 g hoenderlewers
1 gekookte medium blomkool
1 fyngekapte ui
3 aartappels, saggekook en fyngemaak met die skil
sout na smaak
1 teelepel cayenne peper
2 teelelpels fyn knoffel
2 teelepels oreganum
1 teelepel gemengde cumin en coljander poeier
3 eetlepels bruismeel
1 eier. Continue reading







