KOOLGEREG
My man is mal oor kool en ons het hierdie al baie gemaak en dis regtig lekker, maar baie ryk. Sit ‘n heel kopkool op foelie in ‘n oondpan. Smeer die hele kool dik met regte botter, strooi Aromat oor dat dit sommer so geel is. Pak dit toe met repies spek, en vou dit toe in die foelie. Bak vir so ‘n paar uur by 18ºC.
Dis heerlik, en mens het nie regtig nog iets saam met dit nodig nie.
BRON- Jane Burger Perkins