HOENDER- EN GROENTEGEREG
6 x hoenderboutjies
gemenge gevriesde groente
gevriesde spinasie
sous:
2 x eetlepels mayonnaise
2 x eetlepels chutney
4 x eetlepels tamatiesous
Pak hoender in ‘n pan en sprinkel die eie speserye oor.
Pak die groente tussen die hoender.
Sprinkel die spinasie bo-oor alles.
Meng die sousbestanddele en skep met ‘n lepel die sous oor die hoender.
Bak teen 180º C oop vir ongeveer 45 minute of totdat hoender gaar is.
Resep en foto: Chris Agenbag








