GEROOKTE HOENDER EN AVOKADO SLAAI
500 g Gerookte hoender
2 Middelslag ryp avocados
100 g Neute van jou keuse
Baba spinasieblare
Rooi Soetrissie
Olyfolie
Balsemiek asyn
Heuning
Slaaisous
Sny die gerookte hoender en twee avokado’s in egalige dun skywe.
Rooster jou 100 g neute in ’n droë pan. Laat dit afkoel.
Sny rooi soetrissie in repies, skroei vinnig in warm pan met olyfolie. Laat afkoel.
Spoel babaspinasieblare onder lopende water , plaas in droe skoon vadoek, en skud oortollige water uit… rangskik dit op ’n mooi slaaibord.
Strooi die hoenderskywe , geroosterde rooi soetrissie en sprinkle neute oor die slaai en rangskik die avokado bo-op. Sit voor met ’n slaaisous van gelyke dele olyfolie, balsemiekasyn en heuning
BRON- Steph Kirchner








