

“CHICKEN MAYO” – HOENDER EN MAYONNAISE IDEES
Foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
Idees van lede.
Boetie Nel: Ek maak altyd my chicken mayo met lekker fyn hoender borsies wat net so 25 min gekook het, dan is dit net gaar en sappig, dan meng ek die stukkies hoender met mayo en so 2 eetlepels Mrs Balls blatjang.
Anne Mortleman Chambers: Gaar hoender (fyngekap of gemaal), mayo, Mrs Balls blatjang, fyngekapte ui, sout en peper. Botter die brood net aan eenkant en gebruik die gebotterde kant buite.
Nicolene Nikki Van Niekerk: Lekker volgraan brood of rolletjie met botter gesmeer, slaaiblaar of twee, tamatie met sout en pepper, skyfies pynappel as jy wil, komkomer en dan fyn hoender en mayo by, dis baie gesond en lekker. Vir ekstra smaak kan jy klein blokkies groen soetrissie insny.
Sonja Young: Die lekkerste idee met chicken mayo is om die brood eers te rooster en dan al die bestanddele op te sit.
Dis nogal iets wat ek nie baie maak nie, maar het dit al baie so by koffie winkels gehad en dit smaak lekker, want dis nie so plat gedruk nie Continue reading











