

BROOD, KAAS, HAM EN EIER GEBAK
Resep geplaas en foto: Johan Du Preez
1 Franse brood
5 eiers
3 tamaties
600 g ham
200 g kaas
botter
200 ml melk
Sout en peper na smaak
Voor verhit oond tot 150ºC. Sny brood in dun skywe. Verwyder korsies ( As jy wil ). Smeer elke sny brood met botter plaas in ‘n ronde bak pan. Sny tamaties in dun skywe. Plaas ‘n skyf tamatie en ‘n skyf ham tussen elke sny brood. Klits die eier en melk saam met Sout en peper na smaak. Giet die mengsel tussen die snye brood. Strooi kaas oor en bak tot kaas goud bruin is.







Resep reeds op nuwe blog – “HAM-, KAAS-, TAMATIE- EN EIERBROODJIE”