

BROODSLAAI MET ROOM
Sny brood in blokkies en braai in diep olie ‘n dag voor dit benodig word.
Los oop.
Broodblokkies kan ook in ‘n vrieskas gebêre word.
250ml kaas blokkies
SOUS
4 Eiers
375ml Suiker (1.5 K)
7 ml Droë mosterd
250 ml Wit asyn (1 K)
Sout en peper
Klits alles saam vir 5 minute.
Kook vinnig en roer gedurig.
Wanneer afgekoel en ± ½ uur voor bediening voeg 125ml (½k) vars room en 125ml (½k)mayonnaise by.
Meng brood- en kaasblokkies.
Gooi sous oor net voor bediening.
Resep geplaas deur Liesl de Weerd –
Benhet Nieuwenhuis
Saam vanaand se braai – broodslaai
(Wie onthou dit nog)…….
Sny brood in blokkies (nie vars brood nie) soveel soos benodig!
Diep braai tot bruin
Laat afkoel, sit blokkies kaas by en ook ingelegte komkommer (as jy wil)
Meng
1 koppie mayonnaise
1 koppie suurroom
1/2 koppie suiker en Meng Met brood blokkies
En GENIET!!!!
Jy kan sommer net mayonnaise en kondensmelk ook meng en dit gebruik in plek van die suurroom en suiker!!
Altyd lekker!!!






